Blog



Dieet - dit wat ek sien dit eet ek

Ek het die ander dag by 'n vriendin gaan kuier - en 'n heerlike stuk sjokolade koek saamgeneem. Een van daardie wat jou 'n minuut of twee neem om weer by te kom so lekker was dit! Ag nee! kla sy. Ek is op dieet! Nou ja, mens ondersteun jou vriende in dit wat moeilik is so ek het dit daar gelaat. Maar dit is die moeite werd om vir die oomblik 'n bietjie ondersoek in te stel. Hoe benader ons onsself - soos 'n masjien? Dit het partykeer 'n slegte terugskop en diëte is bekend vir kort termyn resultate maar medium en langer termyn sien amper altyd regressie.

Die grootste guns wat ek myself nog ooit gesondheids gewyse gedoen het (ek is nie besig om universele raad uit te deel nie), was om suiker uit my lewe uit te sny. Ek was altyd 'n groot suiker vertroostings eter gewees en het baie in my lewe aan hypoglycemia gelei. As ek te veel suiker oor 'n tyd geëet het, dan het ek begin om konstant sleg te voel.

Ek eet per geleentheid 'n lekker stuk koek (genugtig, dis soos om in die hemel te land!) saam met koffie, of nougat of sjokolade. Ek het dit dus nie as 'n absoluut uitgesny nie. Ek het dit bloot geskuif na 'n punt waar dit die uitsondering is in my lewe. Dit het dit (suiker) ongelooflik waarde gegee nommer een en twee ek voel nie eens in die minste ingedoen in die lewe nie. Ek dink die laaste punt is eintlik die punt van die hele relaas. As 'n mens die hele storie omdraai en herrangskik dan kom jy potensieel uit by iets wat veel beter werk, as wat dit gewerk het toe daar geen 'reëls' was nie.

Gerhardus Muller 2020-06-25



Westdene, Johannesburg gerhardus@envoyant.life 082 457 5554
© Copyright Envoyant 2021